Modulekode | BDO 221 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe |
Module-inhoud | *Alleenlik vir BCom / BAdmin studente Ontwikkeling en persoonlikheid Die lewenspan en belangrike periodes in die menslike ontwikkeling word behandel met die klem op die betekenis daarvan in die werkkonteks. Ten opsigte van persoonlikheid word daar onder andere aandag gegee aan die kulturele konteks van persoonlikheid, die vorming, dimensies en determinante van persoonlikheid; persoonlikheid as gedragsbepaler en die ontwikkeling en instandhouding van die selfkonsep. Aandag word ook gegee aan die basiese metodes van persoonlikheidsmeting en -assessering. Mens in interaksie Hierdie tema handel oor sekere kernaspekte van menslike interaksie. Hierdie aspekte behoort geken en begryp te word deur aspirant menslike hulpbronbestuurpraktisyns en Bedryfsielkundiges, aangesien hulle erken word as menslike gedragskundiges in die werkomgewing, wie werkgewers/organisasies kan help om die prestasies, produktiwiteit en die welstand van menslike hulpbronne te bevorder. Effektiewe menslike interaksie speel ‘n kernbelangrike rol in die werkomgewing. Dus behandel hierdie module aspekte soos die selfkonsep, sosiale rolle, sosiale waarneming, tydstrukturering en –bestuur, motivering en frustrasie, asook sielkundige aanpassings – en verdedigingsmeganismes en hoe dit verband hou met menslike interaksie oor die algemeen en met verwysing na die werkomgewing. Beide teorie en praktiese implikasies word gedek. |
Modulekrediete | 10.00 |
Programme | |
Voorvereistes | BDO 111 GS. Mag nie in dieselfde kurrikulum as SLK 110/120 ingesluit word nie. |
Kontaktyd | 4 lesings per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Menslikehulpbronbestuur |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App